Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het ’n 2020-vertaling van Die Bybel aan Laerskool Paarl Gimnasium oorhandig. SJ du Toit, een van die eerste opvoeders aan Gimnasium, was destyds ’n groot stryder vir die erkenning van Afrikaans as ’n taal met volwaardige bestaansreg. SJ du Toit was een van die baanbrekers wat begin het met vertaalwerk van sekere boeke van Die Bybel in Afrikaans. Sy seun, Totius, was een van die spanlede wat gewerk het aan die 1933-vertaling van Die Bybel. Die rede waarom nuwe vertalings van Die Bybel steeds gepubliseer word, is omdat Afrikaans voortdurend ontwikkel en ’n lewende taal is. Agter van links is Pierre Dreyer, Ellabelle Buys, Mari Snyman en Thomas Saunders (hoofleiers). Voor van links staan Danie le Roux (skoolhoof) en Elizma Smith (FAK-kultuurorganiseerder).


FAK skenk nuwe 2020-Bybel

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article