Met vergunning van die FAK het lede van die FAK-netwerk C.P. Hoogenhout se graf verlede Donderdag besoek: AnnaMaree Marais, Daphne Hoogenhout, Christine Siebrits (Hoogenhout), Tharina Schweidler (ATKV), Elizma Smith (voor die grafsteen) FAK-projekkoördineerder van FAK-kultuurnetwerke, dr. Anton Nel (KSUT en Voortrekkers) en Riana Breytenbach.Foto: FAK


C.P. Hoogenhout is Donderdag (13 Januarie) 100 jaar gelede op die plaas Optenhorst in die Bovlei gebore. Sy graf is in die Bovlei-begraafplaas, nie ver van die plaas Optenhorst nie, wat deur lede van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gehuldig was.

Op 10 Junie 1914, in ’n lesing in Kaapstad, het die destydse president F.W. Reitz die volgende gesê: “Die Jacob van Maerlant van die digters in die Afrikaanse taal is CP Hoogenhout.”

Dr. P.J. Nienaber het ook CP Hoogenhout beskou as die belangrikste digter uit die eerste tydperk van Afrikaans. Hoogenhout het gedurig propaganda gemaak vir Afrikaans – tot ver in die tweede tydperk van die Afrikaanse beweging.

Verlede jaar het die FAK die dood van S.J. du Toit op die plaas De Kleine Bosch in Daljosaphat herdenk – 100 jaar ná sy dood. Binnekort sal die dood van D.F. du Toit deur die FAK herdenk word.

C.P. Hoogenhout was ’n skrywer, onderwyser, een van die stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), en letterkunde-redakteur van die eerste Afrikaanse koerant, Die Patriot.

As ’n mens na die stand van Afrikaans vandag kyk en dit vergelyk met Hoogenhout se tyd, is sy gedig “Vooruitgang”weer vandag van toepassing:

“Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor; In ons skole, in ons kerke, word ons moedertaal vermoor.”

Hoogenhout was ongelooflik beskeie. Op ’n versoek van Totius om sy lewe bekend te maak, was sy reaksie: “Geboren te Amsterdam in 1843; naar Zuid-Afrika gekomen in die tweede helfte van die vorige eeuw (1860), meer dan veertig jaar onder­wys gegeven en in 1908 afge­treden – PS maak het SvP so kort moontlik. Ik meen dat die eerste twee lynen al genoeg zijn.”

Hy was ook verskeie hoë poste aangebied, maar volgens hom was sy werk hier in Wel­lington en veral tussen sy mense.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article