Twee ernstige klagtes is die afgelope naweek by die Paarl-Oos-polisie aangemeld, sê kol. Mzimkulu Jack, hoof van Paarl-Oos se sigbarepolisiëringseenheid.
’n Vrou is van haar handsak in New Orleans beroof toe sy op pad huis toe was. Die verdagte het die slagoffer genader en meteens haar handsak gegryp en weggehol.
In ’n afsonderlike voorval het ses gewapende mans ’n huis in Milky Town beroof. “Terwyl die klaer in die huis gesit het, het hy ’n klop aan die deur gehoor. Toe hy oopmaak, het die verdagtes met vuurwapens ingekom en geld geëis. Hulle het motorsleutels, selfone en ’n onbekende bedrag geld gevat.”
Jack sê daar is in albei sake nog geen inhegtenisnemings gemaak nie. Hy voeg by dat altesaam 20 mense oor die naweek in hegtenis geneem is.
. Two serious complaints were reported to the Paarl East police this past weekend, says Col Mzimkulu Jack, head of Paarl East’s visible policing unit.



