Spoegwolf is maar net een van die opwindende name wat van 21 tot 23 Maart by die Simonsvlei-wynlandgoed se familiefees in die Paarl sal optree.
Verseker dus nou jou plek vir die Simonsvlei Boutique-familiefees, wat op Menseregtedag in ’n gesellige omgewing vir ’n baie eksklusiewe musikale reeks met die vermaaklikheidsterre Stan Martin, Born2Fire, Dozi, Ryno Velvet en Zaan Sonnekus begin.
Kaartjiebeskikbaarheid is beperk, veral vir die vertoning van 23 Maart met Valiant Swart, Gian Groen en Spoegwolf in die hoofrolle.
Bespreek jou kaartjies vroegtydig via Tixsa om nie hierdie kenmerkende kombinasie van musiek en wyn mis te loop nie.
Die hekke open om 13:00 – dit is ’n geleentheid wat musiekliefhebbers gewis nie moet misloop nie!
Doen jou etebesprekings by ONS Restaurant en KCB Taproom and Bistro, of bring gerus jou eie piekniektoerusting saam om op die pragtige grasperke te ontspan.


