Urbanlink Winelands bied tesame met die Drakenstein-sakekamer binnekort ’n sakeontbyt aan met Volke Krüger, die alombekende RSG-gasspreker op die program “Regsake”.

Krüger is ’n eiendomsreg-spesialis, wat verskeie eindomsregte en -wette gaan bespreek en kwessies hieroor sal beantwoord.

Die geleentheid, wat op 25 Maart by Nederburg-landgoed in die Paarl plaasvind, is gefokus op die nuwe Wet op Eiendomspraktisyns, wat op 1 Februarie in werking getree het en fokus op die fundamentele aspekte hiervan, wat ontwikkelaars, eiendomsagente, bestuursagente, verkopers en verhuurders oor hierdie wet moet weet.

Krüger gaan vrae hieroor beantwoord asook ander knellende aspekte en nog baie ander bespreek waarmee eiendomspraktisyns gereeld te doen kry, soos:. Is ’n voetstootsklousule nog enigsins afdwingbaar?. Hoe kan drie transporte minder as een kos?. Wat moet ek van kapitaalwinsbelasting en BTW by eiendomstransaksies weet?. Kan ’n transport sonder ’n elektriese sertifikaat geregistreer word?. Kan ’n buitelander onroerende eiendom in Suid-Afrika koop?. Kan ’n koopkontrak in die buiteland geteken word?. Is “gelaaide transaksies” wettig?. Hoe kan ek hereregte bespaar waar roerende goed saam met die grond verkoop word? . Kan die verkoper geld van die koper ontvang voor die oordrag van die eiendom?. Moet ek eerder die grond of die aandele in die maatskappy koop wat die grond besit?. Hoekom veroorsaak die Wet op Onderverdeling van Landbougrond, Wet 70 van 1970, soveel probleme wanneer ’n deel van landbougrond verkoop word?

Die koste vir die geleentheid beloop R250 per persoon (R2 500 per tafel), en die opbrengs hiervan word aan Huis Andrew Murray op Wellington geskenk.

Die deure open om 08:00 en die byeenkoms begin om 08:30.

Mense wat dit wil bywoon of ’n tafel wil bespreek, kan www.lets-plan.co.za besoek of 071 346 6512 vir nog inligting skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article