Die polisie in die Paarl doen ’n beroep op die eienaar van ’n stel gesteelde gholfstokke om na vore te kom. ’n Verdagte is op 24 Augustus in Nuwestraat met die stel in sy besit in hegtenis geneem. Hy het reeds op diefstal- aanklagte in die hof verskyn. Die eienaar van die gholfstokke word aangemoedig om AO Merwin Andrews by 021 807 4121 te bel.


Eienaar van gesteelde gholfstokke gesoek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article