Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) se eerstejaars aan die onderwysfakulteit was Vrydag op ’n missie in die strate van Wellington. FYE (First Year Experience) is ’n inisiatief gelei deur studente waar hande gevat word om eerstejaars te help om die struikelblokke van die onbekende ervaring van ’n universiteit te oorkom. Hierdie program duur die hele jaar en belangrike relevante kwessies word aangeraak by weeklikse sessies met die eerstejaars. Op die foto neem die eerstejaarstudente van die onderwysfakulteit en hul mentor deel aan die Amazing Race, waar hulle deur die dorp gaan om verskeie leidrade op te volg wat hulle help om die dorp (hul nuwe tuiste) beter te leer ken. Agter teen die bord staan Ané Wolfaardt en voor haar is Melanie Viljoen, Moesha Hartogh, Shantal de Kock (mentor), Danike Swart, Beyonce Koopstad, Giselle Solomons en Allison EksteenFoto: Heleen Rossouw


Eerstejaars verken ‘nuwe tuiste’

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article