Elandré is Vrydagaand 20 Oktober by die eerste Swartlandfees aan die beurt.

Credit: SYSTEM

Die Hoërskool Swartland in Malmesbury bring eersdaags ’n fees van ’n geleentheid na die hartjie van die streek.

Die Swartland-fees, ’n eerste van sy soort, beloof vermaak wat in elkeen se smaak sal val.

Feesgangers kan onder meer uitsien na top- Suid-Afrikaanse sangers, stalletjies om van te kies en te keur, sport, luukse verblyf en vele meer.

Die Swartland-fees, wat op 20 en 21 Oktober op die Hoërskool Swartland se sportterrein plaasvind, is die gasheer vir ’n verskeidenheid Afrikaanse kunstenaars, soos Jay, Franja en Gerhard Steyn. Die geleentheid bied ook geriewe van waar die 2023-Rugbywêreldbeker-halfeindstryde gekyk kan word.

’n Verskeidenheid verblyfpakkette word saam met die geleentheid aan besoekers beskikbaar gestel. Luukse tot die tradisionele kampgeriewe is beskikbaar. ’n Bonus is unieke vervoerpakkette wat studente van Stellenbosch en terug sal bring en wat verblyf insluit.

Vrydag se program sluit in kunstenaars soos Barto, Elandre en Jay, gevolg deur die eerste Rugbywêreldbeker-halfeind­stryd op die groot skerm. Saterdag begin met ’n pretdraf, gevolg deur optredes deur kunstenaars soos Tino, Jacques du Plessis, Eloff, Franja, Gerhard Steyn en Loufi. Die dag word afgesluit met ’n tweede halfeindstryd op die skerm.

Kaartjiepryse begin van slegs R130 en is nou beskikbaar by www.dieswartlandfees.co.za of www.tixsa.co.za.

“Die Swartland-fees is nie net ’n musiekfees nie – dit is ’n totale ervaring. Ons is opgewonde om dit op die sportterrein van die Hoërskool Swartland aan te bied en sien daarna uit om ’n onver­geet­like naweek met ons gemeen­skap te deel,” sê die feesorganiseerders.. Besoek die webwerf by www.dieswartlandfees.co.za vir nog inligting, of volg hulle op Facebook, Instagram en TikTok met die volgende hutsmerke as sleutelwoorde: #OntdekSwartland #SwartlandFees #SuidAfrikaanseMusiek #RugbyPassie #GlampingSwartland

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article