Een man is dood en nog twee ernstig beseer nadat hul Toyota Hilux-bakkie Woensdagoggend om 06:50 op die N1 naby Paarl Mall teen ’n betonpilaar gebots het. Volgens ’n bron op die toneel is die een man weens kritieke beserings dood terwyl al drie pasiënte na Paarl-hospitaal vervoer is. Foto’s van die toneel toon dat die voertuig vermoedelik gerol en op sy dak beland het toe dit teen ’n brug se pilaar gebots het. Die mans was onderweg na Worcester op die N1 van Kaapstad se rigting. Geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie.Foto: Kurt Maske (ER24)


Een dood, twee beseer op N1

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article