Evergreens Paarl kan gewis sy kop omhoog hou, hoewel hy in die eindstryd van die Thurlow Marsh- Paastoernooi op die Boland-stadion met 36-23 teen Abbotsdale verloor het.Foto’s: Ernest Kilowan


Die eerste Thurlow Marsh-Paastoernooi is die afgelope langnaweek op Boland-stadion en Netwonpark aangebied.

Dit was ’n ware fees van klubrugby, met van die vallei se beste klubrugbyspanne wat in aksie was, waaronder Villagers Newton, Roses United, Newtons RFC, Young blues RFC, Evergreens Paarl, Albions RFC, Lower Paarl Blues en Abbotsdale RFC.

Dit was inderdaad drie dae van formidabele rugby en ’n goeie voorsmakie van die taai mededinging wat rugbygeesdriftiges in die komende rugbyseisoen op die rugbyveld kan verwag.

Een van die organiseerders, die Boland-Kavaliers se kaptein, Thurlow Marsh, sê die toernooi het sy verwagtinge oorskry en was ’n reusesukses.

“Die gemeenskap het die wedstryde sedert Donderdag in groot getalle ondersteun. Die klubspanne het deurgaans uitstekende rugby gespeel en dit was weer eens ’n bewys van watter ongelooflike talente in klubrugby te vind is.

“Ek is van mening dat hierdie toernooi in toekomstige jare net van krag tot krag gaan groei.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article