Drie leerders van Drakenstein het Sondag die nuus ontvang dat hulle in die Suid-Afrikaanse karatespan opgeneem is. Van links is Cody Hammond van Bergrivier Sekondêre Skool sowel as Justin Lombaard en Luke Williams, albei van Klein Nederburg Sekondêr. Hulle is verbonde aan Patrick Ross-karate-akademie, wat ’n filiaal van die Kaapse Wynland-karatefederasie is. Al drie beoefen karate al vir baie jare en moes hard werk en baie reis om aan toernooie deel te neem om punte op te bou. Die opoffering van ouers asook instrukteurs was egter die moeite werd. Dié drie sal vroeg in Junie aan Unison kata in Harare deelneem. Hulle moet hierdie Saterdag in Durban wees, waar die span sal oefen. Hulle moet nou vinnig ’n plan maak om hul kostes te dek, wat R20 000 per spanlid beloop. Hiermee doen die akademie ’n beroep op die publiek, skole en sakeondernemings om hul droom te help bewaarheid. Enige skenking sal waardeer word. Vir navrae, kontak die kassier Junaid Kahn by junaid@rekha.co.za vir bankbesonderhede.Foto:

Credit: SYSTEM

Drie vir SA span gekies, maar moet Durban toe reis

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article