Drie mans is Dinsdagoggend ná ’n gewapende rooftog by ’n snoepie by die Caltex-vulstasie in Klein Drakenstein­weg, Paarl-Oos, in hegtenis geneem.

Die voorval het Maandag (15 Januarie) omstreeks 23:40 plaasgevind toe drie verdagtes koeldrank by die Two Oceans-snoepie gekoop het.

Hulle het hierna skielik ’n petroljoggie aangeval en hom met ’n vuurwapen en messe gedreig.

Hulle het hom van ’n onbekende bedrag geld beroof, waarna hulle gevlug het.

Die polisie is onmiddellik hiervan in kennis gestel en danksy hul vinnige optrede is drie verdagtes kort hierna in hegtenis geneem. ’n Tuisgemaakte vuurwapen en ’n bedrag geld is in hul besit gevind.

Die verdagtes word deur die Paarl-Oos-polisie aangehou en sal vermoedelik vandag in die Paarl-landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article