Paarl-Oos-polisie het ’n besige naweek agter die rug met een kaping en drie moorde wat aangemeld is. Volgens kol. Mzimkulu Jack, die vispol-hoof van Paarl-Oos-polisie, het ’n vrou Saterdag haar vriendin in Siyahlalastraat gaan aflaai toe twee onbekende mans die voertuig genader het. Een van die mans het ’n vuurwapen gehad en die vrou uit die voertuig gedwing. Die twee verdagtes het in die voertuig gespring en weggejaag.
. Twee mans is ook Saterdag in twee afsonderlike voorvalle vermoor. Die lewelose liggaam van ’n 29-jarige man is op die sypaadjie van Deborahstraat in Smartie Town aangetref. Volgens Jack het die slagoffer in ’n plas bloed gelê. In ’n ander voorval het die 23-jarige Seaneon Appies op die hoek van Rinquest- en Pienaarstraat gesterf nadat hy met ’n skerp voorwerp in sy nek gesteek is. Hy is op die toneel dood verklaar. Die motief vir die misdaad is onbekend. Jack het bevestig dat een verdagte in hegtenis geneem is.
. Paarl-Oos beamptes het Sondag ook op ’n moord in Suikerbekkiestraat in Amstelhof gereageer. Die 37-jarige slagoffer het glo ’n selfoon gesteel. Hy is met twee steekwonde gekry, maar die verdagte ontken dat hy die oorledene gesteek het. Hy het wel aan beamptes erken dat hy die slagoffer geslaan het.
. Paarl East police had a busy weekend with one hijacking and three murders reported.




