Drie mans van Cloetesville, Stellenbosch, is Sondag net voor middernag in hegtenis geneem ná ’n skietvoorval in Jan van Riebeeckweg in die Paarl.

Die inhegtenisneming volg nadat die Paarl-polisie ná ’n skietvoorval by die 2 Shots Pool and Bar, waarin een man in die been geskiet is, opgedaag het. Die gewonde man is na ’n hospitaal geneem.

“Verskeie 9 mm-patroondoppies is op die toneel gevind en polisiebeamptes is in kennis gestel dat drie verdagtes te voet van die toneel gevlug het,” lui die polisiewoordvoerder kapt. Louise du Plessis se verslag.

Dit was nie lank nie voordat die polisie die drie mans in Ambagsvleiweg sien hardloop en hulle vasgetrek het.

“Een van die verdagtes het ’n vuurwapen oor die heining van ’n besigheidsperseel gegooi. Die wapen is daarna opgespoor en op beslag gelê.”

Die drie verdagtes sal op klagte van poging tot moord en besit van ’n onwettige wapen in die Paarl se landdroshof verskyn.. Three men were arrested in Ambagsvlei Road, following a shooting incident at the 2 Shots Pool and Bar in Jan van Riebeeck Road on Sunday. A victim was wounded and taken to hospital for further treatment. The men were caught by the police, after fleeing from the scene on foot. They will appear in the Paarl Magistrates’ Court for attempted murder and possession of an illegal firearm.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article