’n Noodlottige ongeluk het die afgelope Dinsdagoggend (19 Maart) om 06:00 op die N1 in Kaapstad se rigting, ’n klipgooi van die Klapmuts-afrit af, plaasgevind. Volgens ’n Facebook-video van EJ Breakingnews was ’n bakkie wat pamfletaflewerings behartig, op pad in die rigting van Klapmuts toe die bestuurder beheer oor die bakkie verloor het. Hy en minstens een persoon wat agterop die bakkie gesit het, is oorlede. Volgens ’n Netwerk24-berig was geen ander voertuie in die voorval betrokke nie, maar altesaam is ses mense beseer. Paarl Post het na die Klapmuts-polisie uitgereik, maar teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.Foto: Cape Town FMS/X
Drie dood op N1 naby Klapmuts
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.