Die Drakenstein-munisipaliteit is een van die eerste munisipaliteite ter wêreld wat Schneider Electric se omgewingsvriendelike RM AirSeT gas-isoleerder (GIS) skakeltuig met suiwer lugtegnologie en digitale konnektiwiteit bekendstel by die Dalwes-substasie in Charleston Hill in die Paarl.
Die projek word bekendgestel om omgewingsvriendelikheid aan te moedig binne die munisipaliteit en sodoende ’n groener voetspoor agter te laat.
Die bekendstelling van die projek vind môre (14 September) plaas waar verskeie rolspelers verteenwoordig sal wees.
Dit is ’n projek wat meebring dat Drakenstein-munisipaliteit proaktiewe stappe neem om die skadelike kweekhuisgasvrystelling wat deur SF6-gas (swaelheksafluoried) geproduseer word, wat in tradisionele skakeltoerusting, voorkom, en wat 23 500 keer sterker as CO2 is, te verlig.
Die bekendstelling van RM AirSeT is ook deel van Schneider Electric se ‘Grids of the Future’-program en ’n mylpaal in sy vordering met die vervaardiging van ’n volledige portefeulje van SF6-vrye skakeltuig teen 2025.
Dié aparaat ruim die kwaadaardige gasse wat vrygestel word deur kragopwekking uit die weg.
Die bekendstellingsgeleentheid, om 14:00 tot 16:00, sal bygewoon word deur Drakenstein-munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Conrad Poole, asook senior ingenieursdienstebeamptes, substasie-bestuurders van die Dalwes-substasie, en elektriese konsultante.





