So het die Drakenstein-munisipaliteit weer die gemeenskap gefaal!
Die Bergrivier-boulevard kan nou amptelik gedoop word na: Paarl Waterfront. Weer eens het chaotiese tonele op bv. 2 Januarie hier afgespeel met nagenoeg 1 000 mense wat op die oewers van die Bergrivier toegesak het.
Die taxi’s het sommer net so in die middel van die boulevard gestop om mense op te laai en af te laai, harde musiek is gespeel, daar’s gevloek en geskel tot laat, en drank in die openbaar verbruik in ’n gesuip.
Wat ook kwel, is die toilette wat daar staangemaak is – eerstens is hulle nie naastenby genoeg vir die hordes mense wat hiernatoe stroom nie en graag wil ek weet hoe gereeld word hulle skoongemaak. Ek sidder om te dink hoe lyk dit binne.
Sies Drakenstein, julle stel erg teleur.




