Die begroting vir die 2023-’24-boekjaar is vanmiddag in die raadsvergadering van die Drakenstein-munisipaliteit goedgekeur.Foto:

Credit: SYSTEM Credit: SYSTEM

Met stygende kostes uit alle oorde die afgelope jaar, gaan inwoners van Drakenstein ook swaar sluk aan die tariefverhogings wat in die begroting vir die 2023-’24-boekjaar vervat is. Dié begroting is vanmiddag (Dinsdag) in die raadsvergadering van die Drakenstein-munisipaliteit goedgekeur.

Daar is wel ’n klein bietjie verligting in elektrisiteitstariewe wat met 15,1% styg en nie die verwagte 18,02% nie.

Dit is ook laer as die 18,49% tariefverhoging wat Nersa (Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika) vroeër vanjaar aan Eskom goedgekeur het.

Nersa het wel voorlopig gekommunikeer dat munisipaliteite hul tariewe met 15,1% kan verhoog onderhewig aan finale goedkeuring.

Maar die tariefverhoging bly steeds ’n bitter pil om te sluk in teenoorstelling met laas jaar se verhoging van slegs 7,71%.

Al die politieke partye in die raad het die 2023-’24-begroting goedgekeur, behalwe die VF+.

Die ander tariefverhogings is as volg:

Eiendomsbelasting sal verhoog word met 3,9% teenoor die vorige boekjaar se 0,0%;

Water en sanitasie sal verhoog word met 6,5% (6,9% in 2022-’23);

Vullisverwydering sal verhoog met 6,9% (minder as 2022-’23 se 7,5%).

  •  Lees Paarl Post Donderdag vir meer oor die munisipale begroting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article