Foto dien as illustrasie.Foto: Pexels


’n Polisieman van Groot-Drakenstein is op soek na getuies wat die selfdood van wyle Natasha de Villiers wat in 2018 plaasgevind het, kan bevestig.

Sers. Fabian van Riet het aan Paarl Post vertel dat De Villiers op 22 Julie 2018 na bewering haar eie lewe beëindig het nadat sy glo ’n oordosis pille geneem het.

Die 32-jarige vrou het in Malvastraat, Groot-Drakenstein, gewoon.

“Ons benodig dat iemand wat as getuie in die selfdoodsaak kan dien asseblief na die polisiekantoor sal uitreik en ’n verklaring aflê.”

Van Riet voeg by dat Groot-Drakenstein tans besig is om oorsig en hersiening te doen oor sake wat al jare lank ondersoek word.

Enige moontlike getuie word gevra om die polisiekantoor by 021 874 8000 te skakel, of die kantoor langs die R310-hoofweg te besoek.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article