Die Paarlse veteraan-liggaamsbouer en veiligheidswag by die Drakenstein-munisipaliteit, Douglas Green, het die afgelope naweek toekennings by die WP- natuurlike liggaamsbou-federasie as beste liggaamsbou-atleet van 2022 en mees belowende liggaamsbouer vir 2022 losgeslaan. Green is verlede jaar as die SA veterane-kampioen gekroon en sodoende gekies om vanjaar aan die wêreldkampioenskap in Manchester, Engeland, deel te neem. Mense wat Green met die nodige borgskappe vir sy oorsese reis kan help, kan hom bel by 072 626 7370.
Douglas gaan sy spiere oorsee bult
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.