As Paarliet is ek ook, soos ander lesers, ongelukkig oor die agteruitgang van ons dorp. Rommelstrooi vier hoogty. Daar is ’n toename in haweloses en inwoners voel onveilig.

Geen beheer word uitgeoefen nie en wetstoepassers kyk ander pad. Daar is definitief ’n tekort aan die wil om iets aan probleem te doen: Bitter min of geen borde om rommelstrooi te ontmoe­dig, ’n tekort aan vullishouers en honde-ontlasting waar jy kyk. Die lys is lank. Kan daar nie iets aan die probleem gedoen word nie? Ek glo die munisi­paliteit probeer sy bes, maar die probleme soos uitgelig is ’n opvoedings­taak wat by elke inwoner gekweek moet word ongeag ras of geslag. Reëls en regulasies word maklik uitgevaardig, maar as dit by toepassing daarvan kom, gebeur niks. Die vraag is: Waarvoor is daar raadslede, of is hulle ook blind, doof en sonder ’n reuksin?


Ontstelde inwoner,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article