Inwoners se ontevredenheid oor die toestand van die Spruitrivier in Wellington het al talle kere die nuus gehaal. Die Drakenstein-munisipaliteit nooi nou alle oewereienaars van die Spruitrivier na ’n vergadering waar probleme rakende dié rivier weer bespreek sal word. ’n Vergadering is ook vroeër vanjaar gehou en die opvolgvergadering word Woensdag 24 Augustus om 14:00 in die Wellington-stadsaal gehou. Die vordering met die saamstel van die rivierbestuursplan, veiligheid, instandhouding van die rivier, skoonmaakoptredes asook maatskaplike aksies sal bespreek word.


DM nooi inwoners na Spruitrivier-vergadering

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article