Om Erfenismaand in te lei en te vier, hou Pniël hierdie naweek sy Demekalekkesfees, in samewerking met die Pniël- erfenis- en kulturele trust. Die fees is gemik op digkuns, musiek, visuele kunste en daar sal ook ’n oop-mikrofoon-verhoog wees.

Gaskunstenaars wat optree, sluit in Yvette Hughes, Jason van Wyk, Sascha-Lee Stander en Skylar. Talle lekkernye om te eet en drink sal te koop aangebied word. Die fees word van 11:00 tot 13:00 in die Pniël-museum se teetuin gehou. Toegang is gratis en almal is welkom om die vallei se ryk erfenis te kom vier.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article