: By die Digtersfees wat by die Breytenbach-sentrum op Wellington plaasgevind het, is hulde aan wyle Izak de Villiers, as digter en mens, gebring. De Villiers sou vanjaar sy tagtigste verjaardag gevier het en was van 1963 tot 1983 predikant in onder meer Albertinia, Bonnievale en Constantia. In 1983 het hy die kansel vir die joernalistiek verruil en hy is as redakteur van die vrouetydskrif Sarie aangestel. In 1991 het hy die hoofredakteur van die Sondagkoerant, Rapport, geword en in 1997 uitgetree. Hy het in 1972 met die digbundel Leitourgos gedebuteer en het ook talle godsdienstige boeke geskryf. Hier van links is Lizette Rabe (gespreksleier), Louis de Villiers (Izak se seun), Gilbert Gibson, Rina De Villiers (eggenote van Izak) en Joan Hambidge. Foto: jDevidean Moses


Die afgelope fees in die Breytenbach-sentrum op Wellington se Digterstuin, was ’n dawerende sukses.

Volgens Theo Kemp, bestuurder van die sentrum, was daar vanjaar opvallend groot getalle jongmense wat die fees bygewoon het. Dit was ook opvallend om te sien hoe goed die belangstelling verspreid was tussen programme met ’n ligte aanslag, soos Refentse Morake se program en ander met ’n meer klassieke aanslag, soos die klassieke konsert wat Sondag in die Godnow-saal op die dorp aangebied is.

Besoekers kon nie uitgepraat raak oor die hoë standaard wat deurgaans gehandhaaf is met aanbiedinge soos In die Omtes van die Hart, Jana Cilliers se aangrypende vertellinge uit die verhale, poësie en vertellinge van Petra Muller en met geselsprogramme soos dié met Lizette Rabie, Joan­ Hambidge, Gilbert Gibson en Louis de Villiers se gesprekke oor die digter Izak de Villiers se werk.

Tientalle besoekers wat ver gereis het om die fees by te woon het gesê die Breytenbach-sentrum se Fees in die Digterstuin is besig om jaarliks ’n splinternuwe hoogtepunt te bereik.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article