Verlede Woensdagaand is Boishaai se wintersportseisoen amptelik geopen met ’n borge-aand by Buco-Brugstraat om sy hokkie- en rugbyspanne se borge bekend te stel en te bedank vir hul voortdurende ondersteuning.
Digicall het die verlenging van sy vennootskap met Hoër Jongenskool Paarl aangekondig en bevestig dat hy vanjaar die eerstespan sal ondersteun wat die skool se elite-groep in staat sal stel om op sy beste te wees wanneer die span die res van Suid-Afrika se topskoolseuns die stryd gaan aansê.
Digicall is ’n onderneming gemik daarop om oplossings vir sakeprosesbestuur te lewer wat die besighede van sy kliënte transformeer.





