Drie mans is elk drie jaar tronkstraf opgelê vir die diefstal van fietse op ’n gasteplaas in Paarl wat vroeër vanjaar landwyd nuusopskrifte gehaal het.

Anthony Galand, Kelvin van Rooyen en Jason Hendricks is verlede Donderdag in die Paarl-streekhof skuldig bevind op verskeie aanklagte van diefstal.

Die waarde van die gesteelde fietse is op ’n gesamentlike bedrag van R1,5 miljoen geraam, sê die Paarl-polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis.

Dié fietse, wat op 16 Maart by ’n Suider-Paarl-gastehuis gesteel is, het aan die nasionale fietsryspan van Mauritius behoort.

“ ’n Fietsry-groep van Mauritius, wat onlangs aan die Kaapstad-fietstoer deelgeneem het, was gaste op die plaas voordat hulle moes vertrek om aan ’n ander ren, die Africa Cycle Race, in Egipte deel te neem,” lui Du Plessis se aanvanklike verslag.

’n Wye soektog is begin met die hoop om die peperduur fietse betyds op te spoor, voor die Mauritius-span na Egipte sou vertrek.

“Die fietse is nog nie opgespoor nie, maar die diefstal word steeds ondersoek.”

. Three suspects charged with the theft of bicycles worth approximately R1,5 million from a guest farm in Paarl during March where sentenced in the Paarl Regional Court on 28th July. The three accused, Anthony Galand, Kelvin van Rooyen and Jason Hendricks, received a three-year sentence. The bicycles were never recovered, however, the investigation remains ongoing.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article