Met verwysing na die Real Housewives of the Winelands-program op KykNET: Watter goedkoop snert en gemors is die opgediste program nie?

KykNET behoort hom te skaam om só ’n program te vertoon waar duisende mense in die Wynland is wat krepeer van ellende en honger.

Hoekom nie liewer hul geld in armes se welsyn belê nie?

Hierdie program lewer geen bydrae tot die lewensgehalte van die Wynland se kykers nie.

Dit lyk asof dit vir die deelnemers net oor swier en rykdom gaan!

Die werklike house wives is vroue wat hard werk, kinders opvoed, huistake voltooi, mans bystaan deur alles, omsien na medemense deur bydraes in gemeenskappe te lewer, ensovoorts.

KykNET doen die waardigheid van ons vroue in die Wynland egter groot oneer aan. Dit is teleurstel­lend dat groot instellings van die Wyn­land, soos die KWV, hulle met sulke snert assosieer. Watter respek moet die hoof van KWV se werkers vir hom as hoof hê met sy vrou wat so optree? Ek laat sak my kop in skaamte.


FJ,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article