Opknappings sal binnekort aan die Ou Meul-teater gedoen word.Foto: Chantélle Hartebeest


Besoekers wat gereeld optredes in die Ou Meul-teater in die Paarl bywoon, het die nuus dat opknappings binnekort by die teater gedoen sal word, verwelkom.

Lionel John, een van die Ou Meul-teater se bestuurslede, het dié goeie nuus verlede week in ’n video op die teater se amptelike sosialemediablad bekend gemaak.

“Ons is besig om die teater met die hulp van die munisipaliteit reg te maak. Die Ou Meul-teater is ’n munisipale gebou, so hulle het besluit om ons te help en ons is so dankbaar om hulle aan ons kant te hê,” sê John.

Seraj Johaar, Drakenstein se uitvoerende direkteur van korporatiewe dienste, het die nuus bevestig. Volgens Johaar beplan hulle om met die opknappings by die teater, wat al 83 jaar bestaan, teen die einde van April te begin en teen einde Junie te finaliseer.

“Die werk sal verf, die vervanging van bestaande matte en plafonne, herstelwerk aan die verhoog en elektriese opgraderings insluit. Die herstelwerk is algemene instandhouding en word vereis om die gebou op te knap tot ’n aanvaarbare standaard vir gebruik deur huurders,” verduidelik Johaar.. Visitors who regularly attend performances at the Old Mill Theatre in Paarl welcome the news that renovations will soon be carried out.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article