Die Interskole-redenaarskompetisie is Dinsdag 18 April by die Laerskool Paarl Gimnasium aangebied. Die kompetisie is saam met Die Afrikaanse Taalmonument en -museum en Die Afrikaanse Onderwysnetwerk aangebied. Altesaam 16 redenaars van nege skole het deelgeneem. Slegs onvoorbereide toesprake is gelewer en beoordeel. Agter van links: Marelize Meintjes (beoordelaar), Samuel Minnaar (vakkundige van die Afrikaanse Taalmonument en -museum) en Mia du Preez (beoordelaar). Voor is Mienke van Heerden (2de) van die Laerskool Paarl Gimnasium, Isabella du Toit (1ste) van die Laerskool Eikestad en Margelie Hansen (3de) van die Hoër Meisieskool Paarl.


Dié leerders kan hulle uit enige situasie redeneer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article