– Volg van bladsy 1.
“In die oomblik wanneer ons omdraai en ry om water te gaan haal, en later terugkom by die vuur, het dit in grootte verdubbel. Al die werk wat ons gedoen het, is dan tot niet.
“As jy die CAFS-eenheid gebruik, is jou skuimseep vyf keer meer doeltreffend as water, en dit vermenigvuldig die volume. Die voertuig dra tans 3 000 liter water en maak 30 000 liter skuim. Die oomblik dat ons chemikalieë bysit en die water deur die CAFS-eenheid pomp, vermenigvuldig dit die water – met ander woorde, dit vergroot die gebied wat jy dek. Dit maak die water baie doeltreffend, en jy doen soveel meer werk. Terselfdertyd is dit baie beter om die skuim te gebruik by brande op verskillende plekke – huise, motors, veldbrande, ensovoorts.”
Van Leeuwen Boomkamp het voorts beklemtoon dat die super- brandweerwa ook bande tussen DFW en Drakenstein-munisipaliteit se brandweer en reddingsdienste sal versterk.
“Ons samewerking met Paarl-brandweer het vandag gewys dit gaan by die dag beter – dit gaan alles oor kommunikasie en hoe ons die werk saam doen. Ons [DFW] kry ons finansiering van borge en mense wat aan ons skenk. Paarl-brandweer word deur die munisipaliteit betaal, maar saam vorm ons ’n onvernietigbare mag, en dit is wat ons eintlik vandag sien gebeur het. Ons het ingestem om kragte saam te snoer.”




