Hoërskool Noorder-Paarl (NP) en Paulus Joubert Sekondêr het op Sondag 13 Augustus hul derbyweek met ’n kerkdiens in die Anglikaanse kerk Annunciation in Paarl-Oos geopen, waar hulle voorberei het vir ’n week van goeie sport. Die hoofrugbywedstryd het die afgelope naweek (19 Augustus) in die Faurestraat-stadion plaasgevind. Paulus Joubert het as die wenners weggestap met ’n eindtelling van 15-10. Op die foto, van links is Lilitha Mjekula (NP-hoof­meisie), Leigh-Hagen Cornelissen (NP-hoofseun), Christen Rinquest, Natalie Arendse (NP-skool­hoof), eerwaarde Claire Todd, Terence Adonis (Paulus Joubert se skoolhoof), Matthew de Wee (Paulus Joubert-hoofseun) en Leigh-Che Siebritz (Paulus Joubert-hoofmeisie).


Derbyweek begin met erediens

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article