Die gewilde sanger Jak de Priester maak op 3 Maart ’n draai in Wellington. Sy gaskunstenaars op dié Vrydagaand is die kore van onderskeidelik Hugenote Hoërskool, Hugenote Laerskool en Hugo Rust Laerskool. De Priester is onder meer bekend vir “Sally Williams Nougat” en “Groen Mamba”, asook as skepper en sanger van die televisieprogram Binnelanders se temalied. Die buitelugkonsert vind op die A-rugbyveld van Hugenote Hoërskool plaas. Toeskouers kan lekker op die gras op hul eie kampstoele of komberse uitspan en die Wellingtonse somersaand geniet. Hekke open om 18:00. Die voorprogram begin om 19:00. Daar sal koeldrank- en kosstalletjies wees, maar vooraf bestellings is verkieslik. Kaartjies kos R100 vir volwassenes en R40 vir kinders. Vir verdere navrae, bel Hugenote Hoërskool by 021 873 2111. Foto: Abri Kruger
De Priester in Wellington
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.