Liam Thompson, ’n gr.7-leerder aan Hugenote Laerskool, het onlangs ’n goue medalje in ’n groot danskompetisie gewen. Liam, wat lid is van die Phox-dansakademie in die Paarl, het as deel van die span Vibe aan die South African Fitness Sport Aerobic Federation (Sasaff) se kompetisie deelgeneem. Liam se span doen gevorderde hip-hop-danse wat deel is van die Fitness and Sports Aerobics Federation (Fisaf) se internasionale kurrikulum. Die Sasaff-kompetisie, waaraan Liam en sy span deelgeneem het, is ’n Suid-Afrikaanse klubkompetisie. Hulle het ’n goue medalje in die afdeling vir “small crew” gewen.
Dans-dans wen hy goud
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.