Die jaarlikse danksegging-blommefees van die Pniël Congregational kerk word van 19 tot 22 November by die kerk gehou.

Die blommefees vier sy 21ste bestaansjaar en hou groot belofte in om selfs beter as vorige jare te wees.

Vanjaar se tema is “Together towards life”.

Deure open om 09:00 en die openingseremonie begin om 10:00.

Toegang is gratis, maar ’n skenking sal by die deur opgeneem word. Eetgoed sal Saterdag 19 November van 10:00 tot 18:00 en Sondag 20 November van 14:00 tot 18:00 in die kerksaal te koop wees.

Besigtiging van blomme sal ook Maandag 21 November en Dinsdag 22 November van 10:00 tot 17:00 kan geskied.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article