Dit is so lekker om by ’n besigheid in te stap en goeie diens met ’n vriendelike glimlag te ontvang. Dit maak regtigwaar my dag.
Een van hierdie besighede in Paarl is Village Motors, die Engen-garage op die hoek van Brugstraat.
Hier is elke liewe persoon, van die pompjoggies, die kassiere en pakkers in die winkel tot die bestuurder uiters vriendelik, dag en nag.
Maar dan is daar besighede waar jy nie eens gegroet word as jy inloop nie en die mense wat daar werk laat jou voel asof hulle vir jou ’n guns doen.
Ek weet party van hierdie werke is seker ’n bietjie vervelig en die betaling ook nie na verwagting nie. Maar ek is oortuig daarvan dat as jy jou eie dag opkikker en vriendelik en gemoedelik teenoor jou medemense is, dan gaan jy sommer die dag vir jouself ook baie lekker maak. En ja, ek is ook oortuig daarvan dat in die langtermyn jy wel daarvoor vergoed sal word.
Dankie Village Motors, ek sal ver ry om by julle vol te maak en ietsie te koop. Ek hoop meer besighede volg in jul voetspore.




