Die tereggestelde Dane Frolicks (24), beter bekend as Dane Tatts.

Credit: SYSTEM

Dit is vanjaar agt jaar sedert die 24-jarige tatoeëerkunstenaar Dane Frolicks, oftewel Dane Tatts, voor sy huis koelbloedig doodgeskiet is en die saak draai nog steeds in die Paarl-streekshof.

Dié noodlottig voorval het op 4 November 2014 in Charleston Hill, Paarl-Oos gebeur. Volgens ’n familielid, wat anoniem wil bly, speel die saak ’n groot rol op hulle gemoed aangesien dit nou al vir jare in die hof draai.

Meeste van die getuies, onder andere die speurders, patoloog en Dane se ma Denise Frolicks, het al hul getuienisse in die hof gelewer. Die familielid is ontsteld omdat die saak aanhoudend uitgestel moet word. Die saak was vir 3 Mei – dieselfde dag waarop Eid Al-Fitr geval het – beplan, maar moes uitgestel word. Op dié dag vier Moslems die einde van ’n maand lange vas. Omdat een van die verdagtes D’Hanowich Liebenberg glo ’n Moslem is, is die saak om dié rede uitgestel.

“Die saak sou nou weer 11 Julie voorgekom het, maar Liebenberg se advokaat was in die Oos-Kaap. Ons hoor dit ook maar op die dag wat die saak moes voorkom – dit beteken die saak word nou aanmekaar uitgestel. En dit is vir my frustrerend, want ons berei ons al voor die tyd vir die dag voor. Daar is goed wat ons nie geweet het nie wat nou uit kom.”

Die familielid wil dit ook duidelik maak dat tydens die patoloog se getuienis, is daar getuig dat daar geen dwelms in Dane se bloed teenwoordig was nie. Dit volg na gerugte die ronde gedoen het dat hy dwelms gebruik het.

Sy voeg by dat die proses van die hofsaak ’n “emosionele wipplank” is.

Dit is nou die twee beskuldigdes, Dylan Lackay en D’Hanowich Liebenberg, se kans om in die hof te praat. Hulle kon tot dusver nie begin getuig nie omdat die saak al op meer as een geleentheid uitgestel is.

Gefrustreerd sê die familielid: “Ek voel daai twee [Liebenberg en Lackay] mors die hof se tyd. Of laat ek sê hul advokate mors die saak op.”

Die saak is vir 26 Augustus op die hofrol geskeduleer om voort te gaan in die Paarl-streekshof.


. It has been eight years since the 24-year-old tattoo artist Dane Frolicks, or Dane Tatts, was shot dead in cold blood in front of his house and the case is still pending in the Paarl Regional Court.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article