Wes-Kaapse damme se gemiddelde watervlak het die afgelope week tot net bo 91% gedaal, maar is steeds heelwat beter as verlede jaar hierdie tyd toe dit op 65,8% gestaan het. Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het van 98,8% tot 97% afgeneem en was 73,7% ’n jaar gelede. Die Bergrivierdam staan steeds goed op 99,1% (99,6%) en die Wemmershoekdam op 100,2% (99,9%). Die Voëlvleidam (foto) tussen Wellington en Gouda lyk ook goed op 95,8% (96,9%).Foto:


Damme gerat vir die somer

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article