Die Wellington Dahliavereniging hou sy jaarlikse Dahliaskou Saterdag 28 Januarie in die Wellington-stadsaal.
Die deure open om 13:00 en toegang is R10. Ondanks uitdagende weersomstandighede, waterbeperkings en brande, sal blomme van hoogstaande gehalte uitgestal word.
Klubs oor die hele Wes-Kaap neem deel aan die skou en ’n wye verskeidenheid dahlias sal te sien wees.
Daar sal ook koeldrank te koop wees.
Vir navrae, bel Benny Davey by 083 324 0971, Gavin Watson by 073 647 2871 of Tony Pretorius by 079 427 3595.



