Lothario Theunissen, ’n verpleër by Cure Paarl, versorg El-Junay Jagers ná haar behandeling.Foto: Chantélle Hartebeest


Agt kindertjies spog met nuwe glimlagte nadat hulle gratis tandheelkundige operasies by die Cure-daghospitaal in Paarl ondergaan het.

“Cure-daghospitaal Paarl en die TC Newman-kliniek het op 20 April weer hande gevat met ’n gemeenskapsprojek vir tandheelkundige prosedures. Agt pasiënte (kinders tussen die ouderdomme van 4 en 14 jaar) het gratis operasies en mediese sorg by Cure Paarl ontvang,” sê Liezl Muller, woordvoerder vir die daghospitaal.

Sy voeg by dat TC Newman die kinders wat die prosedure benodig het, uitgesoek het.

Die kliniek het ook pynmedikasie en mediese materiaal vir die operasies verskaf. Die daghospitaal het ook sy teaters en verpleegpersoneel vir die prosedures beskikbaar gestel.

Muller verduidelik: “Cure Paarl identifiseer elke jaar ’n gemeenskapsprojek saam met ’n spesifieke instansie om die geleentheid aan mense wat nie mediese sorg kan bekostig nie, te gee.”

Die prosedures is ook moontlik gemaak deur die gratis diens van dr. Melisca Scheffers van TC Newman en die narkotiseurs dr. Franklin Muller en dr. Willem Naude, van Paarl-hospitaal.

Cure Paarl pronk ook nou met ’n akkreditasiesertifikaat van Cohsasa (Council for Health Service Accreditation of Southern Africa). Muller sê trots dit is die enigste mediese vereniging “wat internasionaal erken word om mediese geriewe van sulke hoë standarde te verseker”.. Eight children boast new smiles after undergoing free dental surgery at Cure Day Hospital in Paarl.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article