Enkele inwoners van die Rusoord-ouetehuis in die Paarl sterk tans aan nadat hulle onlangs vir Covid-19 positief getoets is.
Volgens Lucinda Scholtz, die tehuis se hoofbestuurder, is verskeie voorsorgmaatreëls sedertdien ingestel om te help keer dat die virus verder versprei.
Sy verduidelik inwoners is gevra om te alle tye ’n masker te dra wanneer hulle in die gebou rondbeweeg.
“Dit sluit deurlopende reiniging van hande en die handhawing van veilige fisieke afstande in.”
Scholtz sê verder besoekers by die tehuis word ook gevra om by die maatreëls te hou deur ’n masker te dra en hul hande te reinig.
“Die inwoners word versorg in ooreenstemming met hul onderskeie geneeshere se behandelingsvoorskrifte,” het Scholtz gesê.
Prof. Cheryl Cohen, hoof van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes se sentrum vir respiratoriese siektes en meningitis, het aan Paarl Post bevestig ’n toename in positiewe Covid-19 gevalle word in die land ervaar.
“Data van nasionale toesig het getoon dat die persentasie mense wat vir Covid-19 positief getoets is die laaste paar weke toegeneem het.”
- A few residents at the Rusoord old age home in Paarl are currently recovering after testing positive for Covid-19.





