Angstigheid, stres en depressie blyk slegs van die gevolge te wees wat die Covid-inperking en pandemie gelaat het.
Julie is geestesgesondheidsbewusmakingsmaand en vanjaar se tema is volgens die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (Sadag) “End the stigma”.
Vanisha Gordhan, woordvoerder van Sadag, het onlangs in ’n onderhoud gesê vele Suid-Afrikaners is gespanne, angstig en het depressie vanweë faktore buite hul beheer. “Mense is oorweldig. Hulle het so baie om te hanteer – struikelblokke, dinge soos die brandstofpryse, werkloosheid of beperkte werksure, en steeds moet ons aangaan met ons lewe ten spyte daarvan dat Covid nie heeltemal verby is nie,” verduidelik sy. Gordhan meen dit is dus natuurlik dat baie oorweldig en onseker sal voel.
Volgens Sadag se navorsing verlede jaar het hulle gevind 65% van repondente het gespanne tydens die inperking gevoel. Paniek en angstigheid (55%), finansiële druk en spanning (46%) en depressie (40%) was van die grootste geestesgesondheid-uitdagings het respondente laat weet. Vir baie het hierdie gevoelens nie so maklik soos die inperkingsmaatreëls se afskaf, verdwyn nie.
Gordhan stel voor mense moet uitreik na hul naastes. Sy meen vir baie mense besef hulle eers hoe hulle werklik oor ’n saak voel wanneer hulle dit hardop sê.
Wenke om angstigheid en stres te verwerk:. Skep en handhaaf ’n daaglikse roetine – staan ??op, trek aan, skep ’n doenlysie, ens.. Wees versigtig wat jy op sosiale media lees. Demp sleutelwoorde op Twitter, vermy seker WhatsApp-groepe en versteek Facebook-plasings en -stromings as jy dit te oorweldigend vind.
. Vra jouself af wat in jou beheer is – jou houding, jou denke, jou huis, omgee vir jou liggaam en gees. Fokus op hierdie dinge.




