Lede van Wellington-vroeëkinderontwikkeling (VKO) het Saterdag ’n vrouegeleentheid met die tema “Christmas in July” gehou. “Ons het ongelooflike vroue in die VKO vereer met die begin van Vrouemaand, soos die VKO-hoofde, -bestuurders en -juffroue wat ’n baie belangrike rol in ons kinders se vroeë jare vervul. Kerse is aangesteek ter ere van twee van ons lede wat ons die afgelope jaar aan die dood afgestaan het,” sê Charlene Marlherbe as hoof van Pikkieland. “Die boodskap by die saamtrek was dat ons altyd moet onthou wie ons is en aan jou eie unieke identiteit glo Credit: SYSTEM

‘Christmas in July’ vir Vrouemaand

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article