Hier is die brandbestryders en personeel besig om die brand te blus.

Devidean Moses

By ’n chemiese fabriek, Introlab in Wellington- nywerheidsgebied het Donderdag omstreeks 12:00 ’n brand uitgebreek.
Ongeveer 16 brandbestryders was vinnig op die toneel en het die brand bestry, maar die vlamme het by die dak opgeborrel en die brand het verder versprei.
Die omstandighede rondom die brand is steeds onbekend.
Niemand is in die brand beseer nie.
Met Paarl Post se besoek aan die toneel, wou niemand kommentaar lewer.
Lees Donderdag 26 April die volledige berig in die koerant.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 12 March 2026
    Paarl Post – E-edition – 12 March 2026

Gift this article