Checkers se Little Shop-inisiatief is terug op gewilde aanvraag, en hierdie keer word die 24 nuwe versamelbare klein produkte gemaak van herwonne materiaal.
Die mini-versamelstukke sluit van Suid-Afrika se mees herkenbare handelsmerke in, onder meer ’n Sixty60 afleweringsfiets, Nescafe Gold-koffie, Baby Soft-toiletpapier, Huggies Gold-doeke, Lindt-sjokolade, Tastic-rys, FutureLife, en selfs Simple Truth se plantgebaseerde worsies.
As deel van die supermark se voortdurende verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid, word die mini-produkte gemaak van 100% herwonne plastiek, insluitend weggooi-yskaste, waterbottels, brille, sowel as omgewingsvriendelike karton, en papier.
Eksklusief vir Xtra Savings-lede, sal klante ’n gratis Little Shop-versameling ontvang vir elke R200 wat in Checkers, Checkers Hyper, Checkers Foods, of via die Sixty60-app bestee word. Om by die Xtra Savings-program aan te sluit, is gratis, en kliënte wat enige deelnemende handelsmerke koop en hul beloningskaart gebruik, kan ook hul deel van R100 000 in pryse wen.
Die veldtog volg op die uiters suksesvolle Little Shop se eerste en tweede veldtog, en duur van 25 Julie solank voorraad hou.
Interessante feite
- Wat kan jy met 3 800 ou yskaste doen? Maak 798 000 Simple Truth heuning mini’s.
- Of 80 000 pare swembrille? 10 Aquelle mini waterbottels met elke bril.
Energizer mini’s? Herwin eenvoudig ongeveer 125 000 x 500 ml PET-bottels. ’n 500 mililiter PET-bottel kan ongeveer ses mini Energizer-batterye, of 10 Oh my Goodness! Spaghetti Bolognaise mini’s maak.- In totaal is sowat 38 000 herwonne yskaste, 166 000 pare herwonne brille en, 210 000 PET-bottels gebruik om die Checkers Little Shop se derde veldtog te produseer.





