Die matriekeksamen is in volle swang, maar moeilike vakke lê nog vir vanjaar se matrieks voor, soos byvoorbeeld fisiese wetenskappe, rekeningkunde en musiek.

Elke jaar strek die eksamen oor meer as ’n maand en toets matrieks se langasems tot op die einde.

Hierdie brief is om aan vanjaar se matriekgroep te sê – moenie opgee nie. ’n Aanhouer wen. Wanneer jy moeg raak, vat ’n kort pouse, gaan sit ’n bietjie in die son, en maak dan weer daardie boeke oop om verder te swot.

Suid-Afrika het ’n hoë ongeletterdheidsyfer, dus is dit ’n eer vir jou om te sê dat jy die geleentheid gegun is om skool klaar te maak en te matrikuleer.


Oudonderwyser,

Hermon

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article