Foto dien as illustrasie.Foto: Pexels


Om die strate te patrolleer is ’n gevaarlike besigheid wat talle vrywilligers oral op hulself neem en selfs hul eie veiligheid op die spel plaas.

’n Messteekvoorval voor die Navarre-koshuis in Kerkstraat, Wellington, getuig hiervan toe ’n buurtwag-vrywilliger deur ’n straatslaper gesteek is.

Die stasiebevelvoerder van die Wellington-polisie, kol. Johan Barkhuizen, het die voorval aan Paarl Post bevestig.

“ ’n Straatslaper is Saterdag (6 Mei) omstreeks 16:45 by die Navarre-koshuis oorkant die Wellington-museum deur ’n lid van ’n plaaslike buurtwag aangespreek omdat hy op straat slaap.

“Die verdagte, ’n man van 38 jaar oud, het aggressief begin raak en die slagoffer is met ’n mes aan die linkerkant van sy bors gesteek.”

Barkhuizen sê die beseerde buurtwaglid het mediese behandeling by sy private dokter ontvang.

Die verdagte, wat in hegtenis geneem is en Dinsdag in die Wellington-landdroshof verskyn het, word aangehou.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article