Tronkbewaarders het Dinsdagmiddag omtrent hul hande volgehad toe ‘n bus met minstens 50 gevangenes teen ‘n Ford Fiesta naby die Daljosafat-verkeerssentrum in Groenheuwel, Paarl-Oos, gebots het.
Nooddienswerkers wat om 15:30 op die toneel reageer het, het aan Paarl Post vertel dat die gevangenes met hul aankoms, reeds met alternatiewe vervoer vanaf die toneel weggeneem is, vermoedelik deur werknemers van die departement korrektiewe dienste. Dit is tans nie bekend vanaf watter gevangenis die insittendes van die bus was nie.
Geen van hulle het ontsnap nie.
“Dit was ‘n T-bone-botsing waar die bus die sy van die Ford Fiesta by ‘n verkeerslig getref het. Die Fiesta het slegs een insittende gehad wat met ligte beserings op die toneel behandel is. Die pasiënt is met privaat nooddienste hospitaal toe geneem.”
Geen verdere beserings is op die toneel aangemeld nie. Amptelike polisie-kommentaar om die omstandighede rondom die insident te bevestig, was nie betyds vir publikasie beantwoord nie.
- A bus transporting at least 50 prisoners was involved in a T-bone-collision with a Ford Fiesta on Tuesday afternoon near the traffic center in Groenheuwel, Paarl-East. Emergency services on scene told Paarl Post that the driver of the Ford was treated for injuries on scene before being transported to hospital by private ambulance. “By the time we had reached the scene, the prisoners had already been alternatively transported to their destination.”
No further injuries were reported on the scene. Official police confirmation was not received in time for publication.





