Die Liefde in Aksie-breiprojek bring weer ’n glimlag op die tranerige gesiggies van kinders wat deur misdaad geraak is.
Toe Esmé Marais van Brackenfell in 2016 as onderwyser afgetree het, het sy besluit om die projek te begin. Deur opvoeding het sy jare lank onderrig aan kinders wat verstandelik gestremd is verskaf.
Die projek, waarby ’n klein groepie vroue betrokke is, brei alles van truie, musse, serpe, voorskote en pennetjie-sakkies tot speelgoed, en skenk dit dan aan plekke waar ’n nood bestaan, soos by kinderhuise, ouetehuise en kinderhowe, wat nou ook die Paarl-kinderhof insluit.
Liefde in Aksie sal binnekort ’n eerste skenking aan dié plaaslike hof oorhandig.
“Ek het dit ná my aftrede begin en omdat ek vir verstandelike gestremde kinders skoolgehou het, het ek altyd ’n behoefte gehad om iets aan die gemeenskap terug te gee wanneer ek eendag aftree. Toe het ons met Garies met die droogtehulp begin. Ons het truie gebrei en baie handwerkgoedjies gemaak. Ons het ook baie mense van aftreeoorde wat by ons betrokke is,” vertel Marais.
Sy sê hulle het reeds ’n klomp speelgoed gebrei wat amper gereed is om by die Paarl-kinderhof afgelewer te word. Die skenking sluit serpe, musse en sagte speelgoed in.
Marais nooi inwoners van die Drakenstein wat by die projek wil betrokke raak, om met haar kontak te maak. Haar kontaknommer is 084 911 1664.. The “Liefde in Aksie” knitting project brings smiles to the tearful faces of children who have been affected by a crime. Through the project, items such as knitted scarves, hats and soft toys are donated to children’s courts.





