Die brandstofprys vehoging gaan nog ‘n bloedneus beteken vir verbruikers.


Die Automobiel Assosiasie (AA) sê die brandstofprysaanpassings wat vandag deur die regering aangekondig is, sal reeds finansieel beperkte verbruikers swaar tref en ekstra druk plaas op ’n reeds sukkelende ekonomie.

Die aanpassings wat vandag deur die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie (DMRE) aangekondig is, sluit in ’n verhoging van R2,57 vir 95 ULP petrol in Gauteng wat die koste van hierdie brandstof tot R26,74 sal opstoot, terwyl die verhoging van R2,37 vir 93 ULP hierdie brandstofprys tot R26,31 sal opstoot, alles nuwe rekordhoë pryse. Die prys van diesel sal met R2,30 styg, en die groothandelprys van verligtingsparaffien sal met R1,66 styg.

In albei gevalle sal hierdie verhogings ook die pryse van hierdie brandstof tot nuwe rekordhoogtes opstoot.Volgens die data is die beweging in internasionale petroleumpryse die hoofdrywer agter die stygings.

Die waarde van die Rand het in Junie gemiddeld teenoor die Amerikaanse dollar versterk, wat gelei het tot ’n besparing van ongeveer 20c/l aan die verhogings, waarsonder die basiese verhogings hoër sou wees.

’n Belangrike faktor in die verhoging van die internasionale petroleumpryse bly die voortslepende konflik in die Oekraïne wat bydra tot vraag- en aanbod-druk. Solank hierdie konflik onopgelos is, bly die stygings in brandstofpryse – beide in Suid-Afrika en ander lande – waarskynlik.

“Benewens die verhogings tot die basiese brandstofpryse, is die R1,50-verligting van die Algemene Brandstofheffing (GFL) wat die regering vir Mei en Junie gegee het, vir Julie gehalveer, wat bydra tot die verhogings.”

Dit beteken die verhoging van R1,82 vir 95ULP effektief ’n verhoging van R2,57 is. 

“Dit, en ander verhogings wat vandag aangekondig is, sal beslis ’n negatiewe impak op alle Suid-Afrikaners hê en sal ongetwyfeld ’n groot rol speel in die ekonomie vorentoe,” het die AA in ’n verklaring gesê. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article