’n Reuse verhoging in brandstofpryse kan vanaand verwag word.


Die departement van minerale bronne en energie het die amptelike petrol- en dieselprysverhogings vir Oktober aangekondig.

Vanaf middernag vannag (4 Oktober) gaan Suid-Afrikaners nog meer as verwag by die pompe betaal.

Petrolpryse sal styg met R1,08 en R1,14 per liter, en diesel sal met tussen R1,94 en R1,97 per liter verhoog word.

Hier is die amptelike brandstofprys vir Oktober:

• Petrol 93 verhoging van 108 sent per liter

• Petrol 95 verhoging van 114 sent per liter

• Diesel 0,05% verhoging van 197 sent per liter

• Diesel 0,005% verhoging van 194 sent per liter

• Verligting Paraffien verhoging van 151 sent per liter

• LP-gas verhoging van 250 sent per liter per kg

Die gemiddelde internasionale produkpryse vir petrol, diesel en verligtingsparaffien het gedurende die oorsigtydperk gestyg. Ook die verswakte Rand teenoor Dollar speel ’n beduidende rol in die verhogings.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article